ANC swyg oor nie-betaling

ANC-eeufeesvieringe by die Vrystaat-stadion op 8 Januarie 2012 Foto: GCIS/SAPA

Die ANC wou Vrydag nie kommentaar lewer oor ʼn berig dat hy sukkel om ʼn diensverskaffer te betaal nie.

“Enige saak tussen ons en enige maatskappy is net tussen ons, en niemand anders nie. Ons sal nie daaroor kommentaar lewer nie,” het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, gesê. Die Mail & Guardian het Vrydag berig dat die ANC buite die hof ʼn “geheime” skikkingsooreenkoms met ʼn vermaaklikheidsagentskap aangegaan het. Die ANC skuld die VWV Group glo R11 miljoen nadat dié maatskappy sy eeufeesvieringe in 2012 gereël het.

Die skikkingsooreenkoms bied aan die ANC die geleentheid om die geld oor ʼn tydperk van ʼn jaar aan die VWV Group terug te betaal en die eerste betaling sou in April vanjaar geskied het, het die Mail & Guardian berig.

Volgens die berig het die ANC tot dusver nog nie die eerste betaling gedoen nie en het hy uitstel gevra om die fondse in te samel. ʼn Hersiende skedule van betaling is opgestel en die eerste betaling sal na verwagting binnekort gedoen word.

Die VWV Group het in Desember sy likwidasie-aansoek teen die ANC by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien nadat die party nie die faktuur betaal het nie.

Volgens die Mail & Guardian het talle kunstenaars en maatskappye, wat deur die vermaaklikheidsagentskap gekontrakteer is om by die vieringe op te tree, nog nie die betaling ontvang wat hulle toekom nie, weens die ANC se nie-betaling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gert Malan ·

Ha ha ha ha! Ons hard verdiende geld wat na die belastinggaarder gaan sal nou maar weer aangewend moet word. Ons is vinnig oppad om ‘n grooter piesangrepubliek te word as Mugabe s’n!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.