ANC-takleier doodgeskiet

‘n Takleier van die ANC in Durban is Sondagmiddag doodgeskiet.

“Sithembiso Ngidi, ‘n uitvoerende lid van wyk 75 Jacobs-gebied, is doodgeskiet toe hy aan ‘n deur-tot-deur verkiesingsveldtog in Lamontville informele nedersetting, suid van Durban, deelgeneem het,” het Bongani Mthembu, woordvoerder vir die party, gesê. Kaptein Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê hy is in Swintonweg, Lamontville doodgeskiet.

Mthembu sê die ANC is geskok deur die aanval en doen ‘n beroep op wetstoepassers om te verseker dat die oortreders suksesvol vervolg sal word.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

“Die ANC betoon sy medelye met die familie, kamerade en vriende,” het Mthembu bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Chris ·

Ag nee! ‘n Mens kan dit sommer nie sê bloot omdat die slagtoffer ‘n ander polieke voorkeur het nie!!! ‘n politieke moord is die ergste vir enige demokrasie; ook al is die ANC nie die mees demokratiese party van Afrika nie.

Paul ·

Dankie Chris, ek stem 100% met jou saam. Helena lewer gereeld kommentaar en sy is ongelooflik aggressief en net so negatief dat ek wonder of sy ooit rustig kan slaap. Min van ons sal met die ANC se doen en late saamstem, maar daar is ander maniere om dit te bestry.

piet ·

HULLE, DIE ANC HET DIT VIR JARE AAN ANDER GEDOEN, NOU DOEN HULLE DIT AAN HULLE EIE GOED. MAGS HONGER HONDEV LOS HULLE. YOU LIVE BY THE GUN, YOU DIE BY THE GUN.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.