ANC-topposte: Uitslag vandag verwag

Afgevaardigdes by die ANC se verkiesingskonferensie in Mangaung het vroeg vanoggend vir die benoemdes vir die top ses poste in die party begin stem.

Die uitslag van die stemmery, wat omstreeks 00:30 vanoggend begin het, sal na verwagting later vandag bekend gemaak word. Pres. Jacob Zuma en Kgalema Motlanthe sê mekaar die stryd aan om die posisie van partypresident. Mathews Phosa, Cyril Ramaphosa en Tokyo Sexwale ding mee om die posisie van adjunkpresident. Baleka Mbete en Thandi Modise is vir die posisie van voorsitter genomineer terwyl Gwede Mantashe en Fikile Mbalula om die posisie van sekretaris-generaal meeding. Jesse Duarte is die enigste genomineerde vir die pos van adjunksekretaris-generaal en geen stemmery sal vir die posisie plaasvind nie. Paul Mashatile en Zweli Mkhise sal mekaar die stryd aansê om die posisie van tesourier-generaal. Sowat 4 075 afgevaardigdes sal aan die stemmery deelneem en die stemme sal per hand getel word.

Lees ook:
Mangaung: President, adjunkpresident nominasies
Mangaung: “Vat my terug, ek sal my gedra,” sê Malema
Mangaung: Cyril Ramaphosa aanvaar nominasie
Mangaung: Fransman wil DA onttroon
Mangaung: Sakeman wil sy geld terughê
Mangaung: ANC betaal R14 miljoen
Mangaung: Trevor Manuel wil nie dien nie
Afgevaardigdes wil nie met media praat nie
Mangaung begin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.