ANC: ‘Uitjouery het SA ‘n oneer aangedoen’

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens Foto: Skermskoot van regstreekse uitsending van eNCA

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens Foto: Skermskoot van regstreekse uitsending van eNCA

Die ANC het die gedrag van diegene wat president Jacob Zuma uitgejou het tydens die huldigingsdiens van oudpresident Nelson Mandela, ten sterkste veroordeel.

“Sommige onder die roubeklaers het veragtelike en onbetaamlike gedrag vertoon deur kameraad Zuma herhaaldelik uit te jou,” het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, gesê. “Die is ʼn tydperk van rou. Niemand van ons moet ooit hierdie plegtige oomblik gebruik om disrespekvol teenoor enigiemand te wees nie, ongeag hul persoonlike menings en griewe.” Mthembu het ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners om hulself op ʼn wyse te gedra wat die statuur van Mandela en die opofferings wat hy gemaak het, betaam. “Almal van ons het die reg om op ‘n konstruktiewe en gedissiplineerde manier te verskil.” Mthembu het roubeklaers aangemoedig om die oorblywende gebeure tot en met Mandela se begrafnis Sondag in ag te neem “met die waardigheid en somberheid wat hierdie oomblikke verdien.” Mthembu sê die huldigingsdiens was nie ʼn platform om politieke menings te lug nie. Hy sê diegene wat Zuma uitgejou het, het alle Suid-Afrikaners by die stadion en diegene wat die diens op televisie gekyk het in die steek gelaat.

Roubeklaers het president Zuma gister tydens Mandela se huldigingsdiens by die ENB-stadion in Soweto uitgejou. Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, moes beheer van die situasie neem na ontwrigtings van die skare. Hy het drie keer gevra dat hulle gedissiplineerd moet wees. “Ons het gaste so moenie dat ons onsself in die verleentheid stel nie. Gedra julle,” het Ramaphosa gesê. “Hy [Mandela] was ʼn gedissiplineerde kader so kom ons groet hom op ʼn gedissiplineerde wyse.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eben ·

Jackson Mthembu die mense het net gesê wat hulle gevoel is … en dis ALMAL se gevoel. Wag tot volgende week wanneer die verslag van zumaville bekend gemaak word dan gaan jy n gedreun hoor ….. en dit gaan nie wees van perde maar van zuma wat met sy 4 vrouens die hasepad vat!!

stephanie ·

Ek sal ook graag vir Zuma n paar boooooo-boooo wil stuur, maar nie op n gedenkdiens. Tyd en plek was verkeerd.

Hannes De Beer ·

Die uitjouery het nie SA oneer aangedoen nie. Zuma het.

Jasper ·

n Deel van die uitjouery was te danke aan EFF’s wat probeer stemme werf het

Christine ·

Dink die ANC die wereld weet niks?? Hulle weet in elk geval alles – gaan kyk na elke verslag wat oor die land verskyn. Nee ou Zuma jy het jou bed gemaak en jy sal maar daarop moet slaap.

Christine ·

Dink die ANC die wereld weet niks?? Hulle weet in elk geval alles – gaan kyk na elke verslag wat oor die land verskyn. Nee ou Zuma jy het jou bed gemaak en jy sal maar daarop moet slaap.

JJEls ·

Die feit dat ander wereldleiers en internasionale media teenwoordig was, is juis die regte tyd gewees oom Zumpie uit tejou. Hierdeur kon die wereld kennis neem vd landsburgers se frustrasie. N ander uitjou geleentheid sou nie soveel impak gehad het nie, en sou deur Zumpie en die ANC beheerde Media onder die mat ingevee gewees het. Puik gedaan aan alle uitjouers! Boo so voort, ook oot die tolhekke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.