ANC verdedig besluit om soldate in Marikana te ontplooi

Die ANC het Maandag  die regering se besluit om soldate in Marikana te ontplooi, verdedig. Maroela Media het vroeër berig die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) het ten minste 1 000 soldate Saterdagaand in die geweldgeteisterde gebied ontplooi.

“Die soldate is op versoek van die polisie ontplooi om hulle by te staan,” het brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die SAW gesê. Mabanga sê lede van die lugmag, die leër en die militêre gesondheidsdienste is van die soldate wat na Marikana gestuur is. Die polisie moes vroeër Saterdag rubberkoeëls gevuur na stakende mynwerkers wat by die Nkaneng-informele nedersetting in Wonderkop byeengekom het. Die polisie het beslag gelê op pangas, knopkieries en ander gevaarlike wapens. Altesaam 45 mense is reeds dood sedert die ontwettige staking vyf weke terug begin het.

RSG berig hoewel die ANC weermag-ingryping verdedig, opposisiepartye gemengde reaksie het. Die DA het gevra of die besluit grondwetlik is. Cope glo dit is onnodig en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het die besluit veroordeel en gesê die werkers dra nie meer gevaarlike wapens nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.