ANC veroordeel aanval op Mpofu

Dali Mpofu

Dali Mpofu, prokureur en voormalige uitvoerende hoof van die SAUK, is in ʼn ernstige maar stabiele toestand nadat hy Donderdag op ‘n strand in Oos-Londen aangeval en met ‘n skerp voorwerp gesteek is.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, sê Mpofu het Donderdagmiddag op die strand naby Esplanadeweg geloop toe twee mans hom oorval, sy selfoon gegryp en hom verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek het. Die ANC het die voorval intussen veroordeel. “Hierdie daad van boewery mag nie geduld word nie, aangesien dit openbare veiligheid ondermyn en ‘n bedreiging is vir lewe.” Die ANC het Mpofu ʼn spoedige herstel toegewens en gevra dat die skuldiges in hegtenis geneem moet word ne verantwoording moet doen vir hulle dade.

Mpofu verteenwoordig tans die mynwerkers wat verlede jaar betrokke was in die skietery in Marikana, Noordwes. Die SAUK berig dat hy met vakansie was, aangesien die Farlam-kommissie van Ondersoek eers volgende week hervat word. Mpofu is ook die voormalige uitvoerende hoof van die SAUK. Hy het R11 miljoen ontvang om uit dié pos te bedank nadat onmin tussen hom en Khanyi Mkhonza Snuki Zikalala ontstaan het. Zikalala was in daardie stadium die voorsitter van die SAUK-raad en sy kontrak as hoof van nuus en aktuele sake is in April 2009 beëindig. Mpofu het die SAUK gedagvaar nadat hy geskors is omdat hy Zikalala geskors het. Mpofu het beweer Zikalala het vertroulike dokumente aan ander media-instansies uitgelek. Die raad het bevind dat hy nie die outoriteit gehad het om Zikalala te skors nie, en Mpofu is gevolglik uit sy pos geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.