ANC verwelkom NDCA se uitspraak

Die ANC verwelkom en respekteer die uitspraak rakende die onderskeie ANC-jeugligaleiers wat Saterdag deur die nasionale tug-appèlkomitee (NDCA) gelewer is, het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC Saterdag gesê.

“Die NDCA se proses en uitkoms is weereens ʼn bewys dat die ANC ʼn ferm, regverdige en deursigtige organisasie is wanneer dit sake moet hanteer, veral dissiplinêre sake,” het Mthembu in die verklaring gesê. “Die ANC onderwerp homself aan die uitspraak van die NDCA. Die ANC distansieer homself ook van die uitsprake wat Keith Khoza gemaak het.” Khoza het glo gesê dat Malema se opgeskorte vonnis van 2010 onmiddellik in werking sal tree ná die appelverhoor van die NDCA. “Kameraad Keith het reeds om verskoning gevra dat hy uit sy beurt gepraat het. Die mandaat val steeds by die NDC en ander leierstrukture binne die ANC,” het Mthembu gesê. Die kommunikasie-eenheid van die ANC sal glo ook geen kommentaar lewer op die NDCA se uitspraak en uitkomste nie. “Ons raad aan die media en alle Suid-Afrikaners is om op die openbare aankondiging van Cyril Ramaphosa, voorsitter van die NDCA, te steun. Alle betrokke NDCA-dokumente is op die ANC se webwerf beskikbaar,” het Mthembu bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.