ANC vra DA om nie te betoog

Helen Zille, DA-leier, gaan more die optog na Cosatu se hoofkwartier lei. Foto: GCIS

Die ANC het ʼn versoek aan die DA gerig om nie more ʼn optog na Cosatu se hoofkwartier te hou nie omdat hulle voel dit sal onnodige spanning aanvuur.

Die DA beplan om na Cosatu se hoofkwartier te stap om teen werkverliese te betoog.

“Die optog is om te protesteer teen die unie se aangehoue verset teen die jeug-loonsubsidie, ʼn beleid wat omtrent 423 000 werke aan jeug en werkloses kan bied,” het Kelly Miller, ʼn woordvoerder van die DA, gesê.

“As die DA enige standpunt oor dié kwessie wil inneem moet hulle eerder in gesprek met Cosatu tree as om uitdagend op te tree,” het Jackson Mthembu, ANC woordvoerder, gesê.

Volgens Miller is Cosatu die hoofstruikelblok vir werkskepping in Suid-Afrika.

Helen Zille, DA-leier, Makashule Gana, DA-jeugleier, Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, en Mmusi Maimane, die party se nasionalewoordvoerder, gaan Dinsdag om 10:45 die optog vanaf Beyers Naude-plein lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.