ANC vra openbare deelname rakende omstrede inligtingswet

Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die ANC het ʼn Inligtingswet-komitee op die been gebring om verdere bespreking oor die omstrede wetsontwerp te weeg te bring.

Die ANC sê in ʼn verklaring die Wet op die Beskerming van Inligting is op 20 September “tydelik” aan die parlementêre program onttrek ten einde verdere konsultasies te hou met belangegroepe en die burgerlike samelewing. Die komitee wat gestig is sal ten doel hê om ʼn koördinerende rol te speel tussen verteenwoordigers van die burgerlike samelewing en ander belangstellendes. Die ANC sê daar sal openbare vergaderings gehou word in al nege provinsies. Die ANC se studiegroep rakende die wet sal intussen alle mondelikse en skriftelike voorleggings oorweeg. Voorleggings rakende die wetsontwerp kan via epos gestuur word na [email protected] of gefaks word na: 086 7316737. Dit kan ook gepos word na ANC Information Bill Office, Parliament of the Republic of South Africa, P O Box 15, Cape Town, 8000. Enige telefoniese navrae kan gerig word aan mnr. S Ntushelo by 021 403 2643. Kommentaar kan ook gepos word op die ANC se amptelike Facebook-blad: “African National Congress (Parliament)”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.