ANC vra Tutu “om kalm te bly”

Die ANC het emeritus aartsbiskop Desmond Tutu se aanval op die regerende party as ʼn jammerte beskryf.

Die ANC se woordvoerder, Jackson Mthembu, sê dit is jammer dat Tutu die ANC aangeval het nog voor hy die regering se kant van die storie gehoor het. Tutu het Dinsdag tydens ʼn perskonferensie gesê Suid-Afrikaners sal bid vir die ondergang van die ANC soos wat hulle destyds gebid het vir die ondergang van die apartheidsregering. Dit kom nadat die kantoor van die Dalai Lama Dinsdag aangekondig het dat hy nie Suid-Afrika sal besoek vir Tutu se 80ste verjaarsdag nie aangesien hy nog nie ʼn visum kon kry nie. Mthembu sê die ANC kan nie met die apartheidsregering vergelyk word nie. Hy sê Tutu weet in sy hart dat dit nie die waarheid is nie. Hy het ʼn beroep gedoen op Tutu om kalm te bly en sê die kwessie rondom ʼn visum vir die Dalai Lama was nie eers in hulle strukture bespreek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.