ANC weer boos oor Zuma se privaatdele

Die ANC is weer vies omdat die omstrede The Spear sy opwagting gemaak het, hoewel dit dié keer in die vorm van ’n spotprent is.

Die regerende party het Vrydag se spotprent deur Zapiro in die Mail&Guardian as aanstootlik, vernederend en beledigend teenoor president Jacob Zuma veroordeel. Die spotprent beeld Zuma as ‘n manlike geslagsdeel uit, met ‘n stortkop bo-op, wat voor ’n spieël in die Goodman Galery staan. Daar is ’n meegaande limeriek. Die naam van die kunstenaar wat die oorspronklike bohaai oor The Spear veroorsaak het, Brett Murray, verskyn in een hoekie van die prent.

Jackson Mthembu, ’n woordvoerder van die ANC, het Jonathan Shapiro en die weekblad versoek om Zuma om verskoning te vra. Hy sê die party sal nie rus voordat die media en kunstenaars ten volle verstaan dat die sogenaamde joernalistieke kreatiwiteit skade aan die eenheid in die land berokken nie.

Sien die spotprent hier. Waarskuwing: Die spotprent is nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.