Die ANC het Dinsdag Zimbabwe voorspoed toegewens vir die land se verskiesing wat Woensdag plaasvind.
“Die verkiesing is ‘n kritieke mylpaal in die implementering van die globale politieke ooreenkoms van 2008, wat poog om die knelpunte van die vorige verkiesings, wat deur geweld gekenmerk is, op te los,” het Jackson Mthembu, die ANC se woordvoerder, gesê.
“Die ANC wens daarom die mense van Zimbabwe ʼn suksesvolle en vreedsame verkiesing toe.”
Mthembu het gesê die ANC hoop dat die regering wat verkies gaan word gebaseer sal wees op die vrye wil van die landsburgers en dat daar nie inmenging gaan wees nie.
Ek hoop dat wie ookal wen,strewe na liefde en geluk en staan vir alle tale en nasies.Dat daar vrede in hulle land sal wees en lewe vir saamstaan en hulle land n sukses maak, sodat daar genoeg werk vir hulle mense sal wees.