Die ANC het president Jacob Zuma Vrydag met sy verjaarsdag gelukgewens.
Jackson Mthembu, die ANC se woordvoerder, het in ʼn verklaring Zuma se familie bedank omdat hulle hom met die land deel.
“Ons glo dat die afgelope jare grootliks in diens van die land se mense spandeer is. Jare met littekens van sy onselfsugtige toewyding tot die pleidooi van die armes en diegene wat deur die apartheidstelsel ontmens is,” het Mthembu gesê. “Ons wens hom alles wat goed is toe, want hy sal aanhou om die land en die organisasie te lei.”
Zuma vier vandag sy 71ste verjaarsdag.
“Jare met littekens” van slim planne uitdink hoe om die volgende skelmstreek uit te voer. Hoe anders? Dit vat aan ‘n man as jy die een skelmstreek met ‘n volgende een moet verdoesel.
Voeg daarby die aflees van toesprake wat jy nie self geskryf het nie en self nie ‘n woord van verstaan nie, daarom durf jy nie opkyk sonder om die plek te verloor nie
Ja, dis genoeg om littekens op enige man se lewe te laat, selfs op die van ons arme oningeligte, ongeagte president!