ANC wil Nkandla-verslag vrystel

Zuma se Nkandla-woning

Zuma se Nkandla-woning

Die ANC het versoek dat Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, haar verslag oor die sekuriteitsopgraderings by Nkandla moet vrystel.

“Ons is besorg oor die gereeldheid waarop voorlopige verslae van die OB uitlek,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê. “Die ANC dring ook daarop aan dat die finale verslag baie dringend vrygestel sal word.”

Mantashe sê die ANC het die regering opdrag gegee om alle kundiges aan die publiek beskikbaar te stel wat besluite geneem het en die ontwerpe gedoen het van alle sekuriteits-elemente by Nkandla. “Hierdie kenners moet hul besluite en ontwerpe in die publiek verduidelik.”

Hy sê die ANC wil hê Madonsela moet dit duidelik maak of Zuma self enige sekuriteitsopgraderings by Nkandla versoek het. “Het pres. Zuma versoek dat ʼn swembad en kraal gebou moet word en dat sy vrou se snoepie van sy oorspronklike posisie geskuif moet word?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Of hy nou daarvoor gevra het of nie, hy het mos gesien hoe al hoe meer en meer dinge wat niks met veiligheidsmaatreels te doen het, by sy huis gedoen word. Hy as die president van die land moes mos darem gevra het hoekom word dit gedoen, wie het dit goedgekeur, hoeveel gaan dit die belastingbetalers kos of wie gaan daarvoor betaal. Wat die ANC darem nie nou alles sal doen om die arme Madonsela by te kry asof sy dit goedgekeur het en om die grootste skandaal in die lewe van enige van ons land se presidente ooit toe te smeer, gaan my verstand te bowe

EyesEars ·

Of hy nou daarvoor gevra het of nie, hy EN sy familie EN die sekuriteit + skoonmakers, trek nogsteeds die finansiele, ontspannings, sekuriteits-, en gemaks- voordele daarvan. Geld wat vir behuising en dienste kon gebruik gewees het. As hy regtig ‘n leier se agterent werd was, sou hy nie die helfte van hierdie goed toegelaat het, om gebou of geinstalleer te word nie. Gemaksug is hier ter sprake.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.