ANC wil nuwe taalbeleid hê

Die ANC wil seker maak dat die aanleer van ‘n Afrika-taal verpligtend in alle skole is.

“Ons praat oor die amptelike tale,” het Joe Phahla, voorsitter van die maatskaplike transformasie subkomitee, op die finale dag van die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Mangaung gesê. “Sodra dit beleid is, sal byvoorbeeld selfs ‘n skool in Waterkloof ‘n taal soos Tswana moet aanbied.”

Phahla sê die taal sal afhang van die gebied waar die skool geleë is. Sesotho sal byvoorbeeld in die Vrystaat aangeleer word.

Paul Mashatile sê geen besluit is geneem oor die verpligte sing van die volkslied in skole nie. “Ons wil die sing van die volkslied bevorder. Ons het dit nog nie verpligtend gemaak nie, maar in sommige skole word dit reeds daagliks gesing.” Mashatile het ook gesê die besluit is geneem dat die ANC die volledige volkslied voortaan by elke vergadering sal sing om die voorbeeld te stel.

Die komitee het ook besluit dat alle kulturele praktyke wat nie met die Wet op Menseregte ooreenstem nie, onwettig verklaar sal word. Dit sluit onder andere gedwonge huwelike in.

Lees ook:
Mangaung: NUK verkies
Mangaung: Malema se brief “te laat”
Mangaung: AgriSA se stalletjie groot sukses
Mangaung: Volledige uitslae
Mangaung: President, adjunkpresident verkies
Mangaung: Hier is die top 6 nominasies
Mangaung: President, adjunkpresident nominasies
Mangaung: “Vat my terug, ek sal my gedra,” sê Malema
Mangaung: Cyril Ramaphosa aanvaar nominasie
Mangaung: Fransman wil DA onttroon
Mangaung: Sakeman wil sy geld terughê
Mangaung: ANC betaal R14 miljoen
Mangaung: Trevor Manuel wil nie dien nie
Afgevaardigdes wil nie met media praat nie
Mangaung begin

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.