Andries Pretorius se moordenaar uiteindelik gevonnis

ʼn Tuinier van Pretoria wat sy werkgewer, Andries Pretorius (64), se vinger afgesny en hom toe vermoor het, is Vrydag gevonnis.

Petrus Moloko (25) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir dié gewelddadig moord en roof wat in April 2009 in Waverley, Pretoria plaasgevind het. Moloko en Teko Radebe het Pretorius, ʼn boukontrakteur, in sy huis met ʼn leë whiskey-bottel en messe aangeval. Radebe is verlede jaar tot 22 jaar tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die voorval.

Pretorius se seun en twee dogters is verlig dat die hofsaak uiteindelik verby is. “Sy dood is ʼn groot verlies vir ons. Ons het geleer om daarmee saam te leef, maar die gaping sal altyd daar wees,” het sy dogter, Izelle Jooste gesê.

Regter Winston Msimeki het Moloko se aansoek om appèl aan te teken van die hand gewys.

Klik hier om die oorspronklike berig te lees wat die besonderhede van die voorval aandui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.