Anene Booysen: Beserings glo die ergste wat dokter ooit gesien het

Anene Booysen

Anene Booysen

Anene Booysen se beserings was die ergste wat die dokter, wat haar ná haar aanval behandel het, nog ooit gesien het, het die SAUK Dinsdag berig.

Die Swellendamse rondgaande hof het gehoor dat Elizabeth de Kok die 17-jarige by Tygerberg-hospitaal in Kaapstad behandel het voordat sy na ʼn hospitaal in Swellendam in die Wes-Kaap oorgeplaas is. Volgens die SAUK het De Kock Booysen se inwendige beserings beskryf as “die ergste wat sy nog ooit gesien het”.

Dr. Liezl Taylor het Booysen glo in Swellendam bygestaan. Sy sê die omvang van haar beserings het beteken dat sy daaraan sou beswyk.

Die twee dokters getuig tans by Johannes Kana se saak van verkragting en moord. Kana het erken dat hy die kroeg in Bredasdorp saam met Booysen verlaat het. Hy het verder erken dat hy haar geslaan en verkrag het, maar ontken dat hy haar vermoor het.

Booysen is verkrag en haar liggaam geskend en sy het op 2 Februarie in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Hof hoor oor Anene se beserings
Anene Booysen: Hof besoek kroeg
Anene Booysen: Wag het glo gil gehoor
Anene Booysen: Klag teen verdagte laat vaar
Anene het aanvaller glo uitgeken
Bendeverkragting: Verdagte hoor dalk môre oor borg
Partye betoog teen verkragting
Man in hof oor Bredasdorp-verkragting
Slagoffer van bendeverkragting vandag begrawe
Zuma vra strengste straf vir Booysen se aanvallers
Tweede verdagte vas oor bendeverkragting
Meisie se verkragting, dood sterk veroordeel
Meisie sterf na bendeverkragting in Bredasdorp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.