Anene Booysen: Johannes Kana is skuldig

Anene Booysen

Anene Booysen

Johannes Kana is Dinsdag skuldig bevind aan die moord en verkragting op Anene Booysen, berig EWN.

Kana het regdeur die verhoor volgehou dat hy Booysen verkrag, maar nie vermoor het nie. Regter Patricia Goliath het hom egter Dinsdag in die rondgaande hof in Swellendamg skuldig bevind en gesê die hof is tevrede met sy bewyse teen Kana, berig EWN verder.

Goliath sê die bewyse dui daarop dat Kana haar verkrag en haar liggaam só geskend het dat sy uiteindelik aan haar beserings beswyk het.

Hy sal na verwagting Woensdag gevonnis word.

Booysen (17) is in Bredasdorp verkrag en haar liggaam is geskend. Sy het op 2 Februarie in die Tygerberg-hospitaal aan haar beserings beswyk.

Lees ook:
Anene Booysen: Kana se getuienis onbruikbaar
Anene Booysen: Beserings glo die ergste wat dokter ooit gesien het
Hof hoor oor Anene se beserings
Anene Booysen: Hof besoek kroeg
Anene Booysen: Wag het glo gil gehoor
Anene Booysen: Klag teen verdagte laat vaar
Anene het aanvaller glo uitgeken
Bendeverkragting: Verdagte hoor dalk môre oor borg
Partye betoog teen verkragting
Man in hof oor Bredasdorp-verkragting
Slagoffer van bendeverkragting vandag begrawe
Zuma vra strengste straf vir Booysen se aanvallers
Tweede verdagte vas oor bendeverkragting
Meisie se verkragting, dood sterk veroordeel
Meisie sterf na bendeverkragting in Bredasdorp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Jasper ·

Hoop daar in die tronk ontneem hulle hom van die kosbare suurstof wat hy vermors.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.