Anene Booysen: Kana gevonnis

Anene Booysen

Anene Booysen

Johannes Kana, wat skuldig bevind is aan die moord en verkragting op Anene Booysen, is Vrydag in die Swellendamse rondgaande hof gevonnis.

Kana is twee keer lewenslank gevonnis, het die SAUK Vrydag berig. Die staat het versoek dat hy twee keer lewenslank gevonnis sal word ná die moord en verkragting op Anene Booysen, ʼn tiener van Bredasdorp.

Booysen het op 2 Februarie in die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad aan haar beserings beswyk nadat sy verkrag en haar liggaam geskend is.

Lees ook:
Anene Booysen: Kana se vonnisuitspraak uitgestel
Staat soek lewenslank vir Anene se moordenaar
Anene Booysen: Kana is skuldig
Anene Booysen: Kana se getuienis onbruikbaar
Anene Booysen: Beserings glo die ergste wat dokter ooit gesien het
Hof hoor oor Anene se beserings
Anene Booysen: Hof besoek kroeg
Anene Booysen: Wag het glo gil gehoor
Anene Booysen: Klag teen verdagte laat vaar
Anene het aanvaller glo uitgeken
Bendeverkragting: Verdagte hoor dalk môre oor borg
Partye betoog teen verkragting
Man in hof oor Bredasdorp-verkragting
Slagoffer van bendeverkragting vandag begrawe
Zuma vra strengste straf vir Booysen se aanvallers
Tweede verdagte vas oor bendeverkragting
Meisie se verkragting, dood sterk veroordeel
Meisie sterf na bendeverkragting in Bredasdorp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hanlie Botes ·

Ek dink nie die vonnis is geregverdig nie. Dit gaan nie vir Anene terugbring nie. Ek dink in hierdie geval (en so ook by kinders wat verkrag en vermoor word) doodstraf. Sulke mense hoort nie op die aarde nie, en dan moet ons (insluitend die kinders se ouers) met ons belastinggeld indirek vir hulle verblyf in die tronk betaal.

Hendrik ·

Laat die man hardepad doen – wat het daarvan geword? Laat hy gruis uit rotse maak in die son sodat hy minstens iets tot die samelewing kan bydra. Met ‘n ketting en bal om sy enkel. Laat hom wens hy het eerder die doodstraf gekry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.