Anene Booysen: Kana hoor oor appèlaansoek

Anene Booysen

Anene Booysen

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Vrydag uitspraak gelewer oor Johannes Kana, wat skuldig bevind is aan die moord op Anene Booysen, se aansoek om verlof tot appèl.

“Regter Patricia Goliath het beslis dat daar nie ‘n vooruitsig bestaan dat ‘n ander hof tot ‘n ander beslissing sal kom nie, en het sy aansoek van die hand gewys,” het Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

Kana is verlede maand twee keer lewenslank gevonnis vir die misdade.

Booysen is verkrag en haar liggaam geskend en sy het op 2 Februarie in die Tygeberg-hospitaal in Kaapstad aan haar beserings beswyk.

Die NVG het die uitspraak verwelkom.

Lees ook:
Johannes Kana gevonnis
Anene Booysen: Kana se vonnisuitspraak uitgestel
Staat soek lewenslank vir Anene se moordenaar
Anene Booysen: Kana is skuldig
Anene Booysen: Kana se getuienis onbruikbaar
Anene Booysen: Beserings glo die ergste wat dokter ooit gesien het
Hof hoor oor Anene se beserings
Anene Booysen: Hof besoek kroeg
Anene Booysen: Wag het glo gil gehoor
Anene Booysen: Klag teen verdagte laat vaar
Anene het aanvaller glo uitgeken
Bendeverkragting: Verdagte hoor dalk môre oor borg
Partye betoog teen verkragting
Man in hof oor Bredasdorp-verkragting
Slagoffer van bendeverkragting vandag begrawe
Zuma vra strengste straf vir Booysen se aanvallers
Tweede verdagte vas oor bendeverkragting
Meisie se verkragting, dood sterk veroordeel
Meisie sterf na bendeverkragting in Bredasdorp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.