Anene Booysen: Kana se getuienis “onbruikbaar”

Anene Booysen

Anene Booysen

Die uitwys van die misdaadtoneel deur ʼn man wat beskuldig word van die moord en verkragting op Anene Booysen, kan nie as getuienis gebruik word nie, het die rondgaande hof in Swellendam Maandag beslis.

Die hof het, sonder om redes te verskaf, beslis dat Johannes Kana se uitwys van die misdaadtoneel in Bredasdorp nie gebruik kan word nie, berig SABC Radio. Die hof het glo gesê hy sal in ʼn latere stadium sy redes hiervoor verskaf.

Kana se prokureur, Pieter du Toit, het vroeër aan die hof gesê sy kliënt se grondwetlike regte is geskend omdat daar nie aan hom gesê is wat teen hom in ʼn hof gebruik mag word nie. Volgens die SABC is Du Toit tevrede met die uitslag en is hy oortuig dat dit Kana ʼn sterk kans bied.

Die saak duur Dinsdag voort.

Kana het erken dat hy saam met Booysen weg is by die kroeg in Bredasdorp, en dat hy haar geslaan en verkrag het, maar ontken dat hy haar vermoor het.

Booysen is verkrag en haar liggaam is geskend. Sy het op 2 Februarie in die Tygerberg-hospitaal aan haar beserings beswyk.

Lees ook:
Anene Booysen: Beserings glo die ergste wat dokter ooit gesien het
Hof hoor oor Anene se beserings
Anene Booysen: Hof besoek kroeg
Anene Booysen: Wag het glo gil gehoor
Anene Booysen: Klag teen verdagte laat vaar
Anene het aanvaller glo uitgeken
Bendeverkragting: Verdagte hoor dalk môre oor borg
Partye betoog teen verkragting
Man in hof oor Bredasdorp-verkragting
Slagoffer van bendeverkragting vandag begrawe
Zuma vra strengste straf vir Booysen se aanvallers
Tweede verdagte vas oor bendeverkragting
Meisie se verkragting, dood sterk veroordeel
Meisie sterf na bendeverkragting in Bredasdorp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.