Anene Booysen: Kana se vonnisuitspraak uitgestel

Anene Booysen

Anene Booysen

Johannes Kana se vonnisoplegging vir die verkragting en moord van Anene Booysen is Woensdag in die Swellendamse rondgaande hof uitgestel.

SAUK het berig dat verrigtinge Woensdag begin het ter versagting van sy vonnis, maar die saak is tot Vrydag uitgestel.

Regter Patricia Goliath het Kana Dinsdag skuldig bevind aan die moord en verkragting van Booysen, ʼn tiener van Bredasdorp.

Booysen is verkrag en haar ingewande oopgesny. Sy het op 2 Februarie in die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad aan haar beserings beswyk. Kana het erken dat hy ʼn kroeg in Bredasdorp saam met Booysen verlaat het. Hy het erken dat hy haar aangerand en verkrag het, maar moord ontken.

Pieter du Toit, vir Kana, het gesê sy kliënt was onder die invloed van alkohol en die misdaad was nie beplan nie. Hy het ook gesê Kana het skuld erken en om verskoning gevra en het die ondersoekbeamptes bygestaan. Du Toit het versoek dat die vonnis gelyktydig uitgedien moet word. Die staat het versoek dat Kana tot lewenslange tronkstraf vir albei aanklagte gevonnis moet word.

Lees ook:
Staat soek lewenslank vir Anene se moordenaar
Anene Booysen: Kana is skuldig
Anene Booysen: Kana se getuienis onbruikbaar
Anene Booysen: Beserings glo die ergste wat dokter ooit gesien het
Hof hoor oor Anene se beserings
Anene Booysen: Hof besoek kroeg
Anene Booysen: Wag het glo gil gehoor
Anene Booysen: Klag teen verdagte laat vaar
Anene het aanvaller glo uitgeken
Bendeverkragting: Verdagte hoor dalk môre oor borg
Partye betoog teen verkragting
Man in hof oor Bredasdorp-verkragting
Slagoffer van bendeverkragting vandag begrawe
Zuma vra strengste straf vir Booysen se aanvallers
Tweede verdagte vas oor bendeverkragting
Meisie se verkragting, dood sterk veroordeel
Meisie sterf na bendeverkragting in Bredasdorp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae