Anene Booysen: Klag teen verdagte laat vaar

Anene Booysen (17)

Die staat het Dinsdag in die Bredasdorp-landdroshof alle aanklagte laat vaar teen Jonathan Davids (22), wat van die wrede verkragting en moord op Anene Booysen (17) verdink was. Die staatsaanklaer het gesê dat hulle na aanleiding van ‘n deeglike ondersoek nie anders kon as om die aanklag terug te trek nie.

Davids en Johannes Kana (21) is daarvan aangekla dat hulle Booysens op 2 Februarie om die beurt verkrag en haar liggaam erg geskend het. Sy is later die dag in die hospitaal dood.

“Na verdere ondersoek is bevind dat daar nie genoeg bewyse is om hom skuldig te bevind nie. Die staat gaan egter voort met die saak teen Kana,” het Eric Ntabazalila, streekswoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag gesê.

Kana se verhoor is tot 3 Junie uitgestel.

Lees ook:
Anene het aanvaller glo uitgeken
Bendeverkragting: Verdagte hoor dalk môre oor borg
Partye betoog teen verkragting
Man in hof oor Bredasdorp-verkragting
Slagoffer van bendeverkragting vandag begrawe
Zuma vra strengste straf vir Booysen se aanvallers
Tweede verdagte vas oor bendeverkragting
Meisie se verkragting, dood sterk veroordeel
Meisie sterf na bendeverkragting in Bredasdorp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.