Anene het aanvaller glo uitgeken

Anene Booysen

‘n Ondersoekbeampte in die verkragting- en moordsaak van Anene Booysen het getuig dat die man wat sy voor haar dood uitgeken het, as Zwaai bekendstaan.

Doleen Olivier getuig in die borgaansoek van Jonathan Davids, een van die beskuldigdes, berig SABC. Davids se bynaam is Zwaai en sy familienaam is Teikentakke. Davids het Dinsdag gesê hy word met iemand anders verwar. Olivier het ook getuig dat Anene voor haar afsterwe gesê het vyf of ses mans het haar verkrag. Tot dusver kon die polisie nog net Davids en sy mede-beskuldigde, Johannes Kana, vastrek.

Die borgaansoek duur voort.

-SAPA

Lees ook:
Bendeverkragting: Verdagte hoor dalk môre oor borg
Partye betoog teen verkragting
Man in hof oor Bredasdorp-verkragting
Slagoffer van bendeverkragting vandag begrawe
Zuma vra strengste straf vir Booysen se aanvallers
Tweede verdagte vas oor bendeverkragting
Meisie se verkragting, dood sterk veroordeel
Meisie sterf na bendeverkragting in Bredasdorp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.