Angelina Jolie kry dubbele mastektomie

Angelina Jolie

Die Hollywood-ster, Angelina Jolie, het onthul dat sy ʼn dubbele mastektomie ondergaan het as voorkomingsmaatreël om haar kankerrisiko te verminder.

Jolie (37) het dit Dinsdag in ʼn opiniestuk in die New York Times bekendgemaak.

In die artikel, My Medical Choice, maak sy bekend dat sy die operasie ondergaan het nadat sy uitgevind het dat sy ‘n geen, BRCA1, het wat haar kanse op borskanker en kanker van die eierstokke aansienlik verhoog. Volgens Jolie het haar kanse om borskanker te kry ná die operasie afgeneem van 87% na minder as 5%.

Sy het gesê dit was ʼn groot besluit wat sy geneem het, maar dat dit glad nie afbreuk doen aan haar vroulikheid nie.

Sy sê verder dat sy die drie maandelange proses aan die einde van April voltooi het en dat sy besluit het om dit bekend te maak omdat sy hoop dat ander vroue by haar ervaring kan baat.

Lees haar opiniestuk hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.