ANN7-redakteur vlug uit land

Rajesh Sundaram. Foto: Facebook

Rajesh Sundaram. Foto: Facebook

Rajesh Sundaram, die voormalige redaksionele konsultant van die televisienuuskanaal Africa News Network (ANN7), het Suid-Afrika verlaat en is op pad na Indië nadat hy uit sy pos bedank het.

Sundaram het gesê sy bedanking hou verband met verskeie redes, een daarvan is dat die stasie streng “pro-ANC” moet wees.

Sundaram het oor die naweek onder meer bekend gemaak dat president Jacob Zuma verseker is dat die ANN7-kanaal “pro-ANC” sal wees. Hy het die naweek aan die media gesê hy vrees vir sy lewe nadat hy uit sy pos bedank het. Hy is glo ook deur ʼn gewapende lyfwag by die stasie se kantoor in Midrand gedreig, berig EWN. Hy het gesê hy glo ook dat ʼn onlangse misterieuse inbraak by die hotel in Midrand waar hy gebly het, nie toevallig was nie. Die inbraak het Sondag in die vroeë oggendure plaasgevind. Die kamer van ʼn ander ANN7-werknemer, wat oorkant Sundaram gebly het, is geplunder. Kontant, klere, tasse en alle dokumentasie is glo gesteel. Sundaram het gesê die tydsberekening is verdag en dat die verdagtes gedink het hulle plunder sy kamer.

Die ANN7-nuuskanaal behoort aan die Gupta-familie en is verlede maand vrygestel. Die kanaal is veelbesproke vir sy aantal flaters wat tydens regstreekse uitsendings gemaak word. Video’s van flaters van ANN7, kanaal 405 op DStv, wat op YouTube gelaai is, is deur die kanaal weens “kopiereg” gesensor.

Lees ook:
ANN7 sou glo “pro-ANC” wees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ver Van Ryn ·

Die berig se opskrif moes eerder “Diktator Jakobus en sy trawante jaag Indiër land uit vir verklapping van staatsgeheime” gelees het.

Willy ·

Ek hoop die ander pro ANC liberaliste volg sy voorbeeld en vlug ook uit die land uit.

Erich Goosen ·

Voorspelbare optrede van ons Indiervriende. Laat my dink aan die strofe: ‘When the going gets tough, the tough gets going (to India)’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.