ANN7 sou glo “pro-ANC” wees

Advertensiebord van ANN7 op DStv kanaal 405

Advertensiebord van ANN7 op DStv kanaal 405

‘n Voormalige redakteur van die ANN7-kanaal voer aan dat pres. Jacob Zuma versekering ontvang het dat die kanaal “pro-ANC” sal wees, het die City Press berig.

“Daar was baie inmenging op ‘n redaksionele vlak deur mnr. Atul Gupta,” het Rajesh Sundaram, voormalige redakteur van ANN7, aan die koerant gesê. “Die beleid was om die ANC en pres. Jacob Zuma te ondersteun. Ek is drie keer geneem om met pres. Zuma te vergader waar die Guptas hom die versekering gebied het dat die kanaal pro-ANC sal wees.”

“Pres. Zuma maak altyd tyd om die bestuur van mediahuise te sien wat ‘n vergadering met hom versoek,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, aan die koerant gesê.

Sundaram, van Indië, het vandeesweek by ANN7 sy bedanking ingedien. Hy het in ‘n Johannesburgse hotel tuisgegaan. Hy het ‘n voorval by die stasie beskryf waar Atul Gupta by die galery ingestap het nadat ‘n nuusbulletin vir twee minute lank vertraag is. Sundaram beweer Gupta het hulle gevlek en gesê: “Gaan terug Indië toe!” “Hy het ‘n kamera by hom gehad en foto’s van mense geneem omdat hy nie hul name geken het nie,” het Sundaram gesê.

“Sundaram het talle buitensporige bewerings gemaak wat nie ‘n reaksie verdien nie,” het Nazeem Howa, hoof uitvoerende beampte van ANN7, aan die City Press gesê. “Hy is ‘n ontevrede voormalige redaksionele konsultant wat hierdie week bedank het.”

Video’s van flaters van ANN7, kanaal 405 op DStv, wat op YouTube gelaai is, is deur die kanaal weens “kopiereg” gesensor.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Seg Net ·

Vuilspel en onregverdigheid gaan nou tot en met die verkiesing toeneem. Hier gaan nog baie ding van Zuma uitkom. Hy is en bly ‘n onderduimse kommunistiese gemors.

Willy ·

En ons sit met Naspers ook wat pro ANC / Zuma is. Al probeer hulle wat om sy beeld te poleer, dit is so duidelik soos daglig uit watse stoffasie hy gemaak is

Gert Malan ·

Ek wonder net wat ou skeeloog nog moet doen sodat hy weggejaag kan word? Sy eie kamerade sal nie optree nie want hy voer hulle vet. Hierdie spul Gupta gemors bestuur eintlik ons land, hulle speel die musiek en skeeloog dans. Ek is oortuig daarvan dat hy die antchris is, maar ek het n verrassing vir hom – iewers gaan hy sy gat solid sien! You ANC-nothing yet!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.