Annake de Villiers sterf

Annake de Villiers. Foto: Facebook

Een van Suid-Afrika se bekendste violiste en die sanger Jannie Moolman se eksvrou, Annake de Villiers, se liggaam is Dinsdagmiddag in haar pa se huis aangetref.

OFM berig dat De Villiers (35) se liggaam in die sitkamer van haar pa se plaashuis naby Steynsrus in die Vrystaat gekry is. ‘n Polisiewoordvoerder, kapt. Rulene Kuhn, sê hulle vermoed geen vuilspel in die stadium nie. De Villiers het glo ‘n kopwond gehad. De Villiers en Moolman is in 2010 geskei.

Lees ook die huldeblyke wat vir Annake de Villiers ingestroom het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.