Anneli van Rooyen vol moed ná operasie

'n Argieffoto van Anneli van Rooyen

Die sangeres Anneli van Rooyen is vol moed vir ʼn nuwe lewe nadat sy onlangs operasies ondergaan het om haar gesigsenupyne te keer.

Van Rooyen lei al die afgelope vyf jaar aan trigeminale neuralgie, wat haar sangloopbaan ook beïnvloed het, berig Beeld. Sy het in 2007 permanente skade opgedoen tydens ’n chirurgiese prosedure om pyn in haar wang te probeer keer. Haar regter-kaakgewrig is tydens dié operasie ontwrig en haar trigeminale gesigsenuwee is beskadig. Dit het veroorsaak dat sy erge pyn verduur het en nie behoorlik kon eet of praat nie.

Dr. Pieter Slabert, haar chirurg, het die operasies onderskeidelik drie en twee weke gelede in die Little Company of Mary-hospitaal, in Pretoria, uitgevoer. Van Rooyen het twee operasies aan haar brein en borskas ondergaan. ʼn Neurostimulator is in haar brein ingeplant en die kragbron daarvoor is in haar borskas geplant.

“Ek sien reikhalsend uit na deurbrake met die instel van die apparaat op my brein sodat my nuwe lewe kan begin. Ek het tans nog heelwat pyn, maar die operasies was suksesvol en ek het reeds in die hospitaal tydelike verligting van die pyn gekry,” het sy aan Beeld gesê.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.