Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’

Shrien en Anni Dewani

Shrien en Anni Dewani

Die wittebrood-moordverdagte Shrien Dewani kan moontlik vrygespreek word nadat ʼn nuwe ondersoek glo bevind het dat sy vrou, Anni, per ongeluk geskiet is.

Anni (28) is in November 2010 vermoor terwyl sy saam met haar man, Shrien (33), op wittebrood in Kaapstad was. Die paartjie is glo op 13 November tydens ʼn beweerde kaping in Gugulethu ontvoer. Shrien is glo uit die motor gegooi. Anni se lyk is dae later in die huurmotor gevind.

Volgens die Britse koerant The Mirror het die koeël wat tot Anni se dood gelei het haar eers in die linkerhand en toe in die bors getref en het dit ʼn noodlottige nekbesering tot gevolg gehad. Ballistiese deskundiges sê dié en ander bewysstukke ondersteun die teorie dat Anni gedurende ʼn struweling geskiet is. Volgens die berig is daar ook omstredenheid rondom aanvanklike polisie-onderhoude en beeldmateriaal van kringtelevisiekameras. Dewani se beweerde medepligtiges, Zola Tongo, Xolile Mngeni en Mziwamadoda Qwabe, het glo nie in hul aanvanklike polisie-onderhoude vir Dewani by die moord op Anni betrek nie. Volgens die berig het Tongo glo later vir Dewani by die moord betrek in ʼn poging om ʼn ligter vonnis te kry. Daar is glo ook nuwe beeldmateriaal van kringtelevisiekameras wat wys hoe die paartjie mekaar vertroetel en soen in die dae voor die moord. Volgens die berig het dit ook aan die lig gekom dat die SMS-boodskappe wat Dewani glo vir Tongo die aand van die moord gestuur het, nie bestaan nie.

Dewani word tans in ʼn psigiatriese-hospitaal in Bristol behandel terwyl sy regsverteenwoordigers probeer keer dat hy na Suid-Afrika uitgelewer word om hier tereg te staan op aanklag dat hy sy vrou laat vermoor het. Tongo het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan waarin hy beweer het Shrien het hom R15 000 aangebied om sy vrou te vermoor. Hy is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Tongo het glo vir Mngeni en Qwabe gehuur om die moord te pleeg. Qwabe het ook ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Mngeni is lewenslange tronkstraf opgelê vir sy aandeel in die moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Marietjie ·

Genade!!!! Hoekom kom die bewyse nou eers na vore? Is iemand omgekoop om die bewerings te maak, het die beskukdiges geloeg of was daar intimidasie? Hoe op aarde het die polisie hul ondersoek gedoen? . Hoekom kom die bewyse nou eers na vore? Geen wonder die man wou nie na ZA kom nie? Hy het geweet as hul die leuens kan versprei, die polisie sulke swak werk doen, die skuldiges valse verklarings afle (onder dwang weens polisie mishandeling?) Hoe op aarde sal hy homself kan bewys? Dit is genoeg om elke mens in ‘n gestig te laat beland!!!

JJEls ·

Tipies Suid-Afrika…..die valse aantygings teenoor Eugene Terblance van onsedelike dade met sy vermeende moordenaars net voor sy dood, is maar net nog n voorbeeld.

Trippie ·

Die aantygings teen Mnr Terre’Blanche sal ek NOOIT glo nie !

Naal de Koker ·

hierdie is maar net nog ‘n voorbeeld waar geld harder as die waarheid praat. Wag tot Oscar se saak begin, dan gaan ons net sulke lekker liegstories hoor.

Flash ·

Geld het nou begin praat? Volgende gaan die lêër wegraak, forensiese bewyse se etikette vermeng raak en dan gaan ons uitvind Devani se medepligtiges weerspreek mekaar en hy is totaal onskuldig.

vuurvreters ·

Onthou julle wat ek lank terug voorspel het? Hy gaan skotvry afkom en geen haan sal weer kraai na dit nie. Sy ouers is mos skatryk en die polisie kort geld.

Jasper ·

Mense kan mekaar maar hier op aarde belieg en bedrieg. Eendag wanneer die REGTER SY finale oodeel fel, gaan daar nie geleentheid wees om appel aan te teken of berou te hê nie.

Seg Net ·

Hallo almal, Darem snaaks wat ‘n paar miljoen in ‘n korrupte land kan vermag.

Waaksaam ·

in my opinie gaan Oscar die selfde pad loop – ook skotvry afkom. (hy en sy oom het mos genoeg geld om die regering te be-indruk)

K@bous ·

Weet in elk geval nie hoekom is hy bang vir uitlewering aan Suid Afrika nie, want hy gaan in elk geval nie veel oorkom nie en een ROYAL TIME na vonnisoplegging he.

Strawberry ·

Ag bullshit man, hy is skuldig en klaar. Weet nie wie betaal vir wie nie. Ons wonderlike land gaan in elk geval die goed laat weg raak. Dis hoe als toegesmeer word. Wonder hoeveel is die polisie betaal. En in elk geval as hy uitgelewer word gaan hy nie lank sit nie, Mandela of Zuma verjaar net dan word hy vry gelaat. Maar ek glo nogsteeds hy lieg!!!

a.lombard ·

Wat word van die mans die reeds skuldig bevind is en tronkstraf uitdien? word hulle ook vry gelaat? vir wie was die skoot bedoel, wat word bedoel per ongeluk geskiet dit moet verklaar word? waar is die Valke om ondersoek in te stel WIE en Hoe en WAAR het die OMKOOP transaksie plaas gevind en wat is die bedrag? Shrien se familie is baie ryk. Wat moet haar familie dink van die skilelike verandering in die saak, hulle het ‘n dogter verloor.

Ons weet almasl dat OSCAR vry gaan uitstap, geld is magtig en praat groot as die regte persone dit benodig!
Maar omdat Eugene Terblanche vir sy idees op gekom het kon die lelikste dinge van hom vertel word en dit word geglo, sy familie kon nie miljoene omkoop geld betaal nie, ten minste het hy gesterf! vir die dinge waarin hy geglo het. (lees die gedig op Woes geskryf deur Drabmol, toe gedig aan hierdie man…Ek groet julle…)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.