Anni Dewani se moordenaar gevonnis

Shrien en Anni Dewani

Xolile Mngeni is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op Anni Dewani.

Mngeni is lewenslange tronkstraf opgelê met 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede en vyf jaar vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie wat gelyklopend uitgedien sal word.

Regter Robert Henney het hom verlede week aan die klagtes skuldig bevind.

Dewani (28) is op 13 November 2010 in Gugulethu in Kaapstad in ‘n beweerde kaping tydens haar wittebrood in Suid-Afrika doodgeskiet. Haar liggaam is die volgende dag opgespoor.

Haar man, Shrien, word tans by ‘n psigiatriese hospitaal in Londen vir depressie en post-traumatiese stressindroom behandel. Sy uitleweringsbevel is in Maart weens sy geestelike toestand uitgestel en ‘n regter het Maandag bevind dat dit nog ‘n paar maande lank kan duur voordat hy herstel. Die saak is tot 11 April 2013 uitgestel om te bepaal of hy toerekenbaar is om verhoor te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie ·

Daardie man makeer net so min as wat ek makeer. Dit is darem wonderlik dat jy niks makeer nie, maar staar tronkstraf in die gesig en eweskielik is jy dodelik siek. Om van siek te word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.