Antarktika-skip dalk binnekort bevry

Nuuskierige pikkewyne kom loer wat gebeur met die skip Foto: @ProfChrisTurney op Twitter

Nuuskierige pikkewyne kom loer wat gebeur met die skip Foto: @ProfChrisTurney op Twitter

‘n BBC-onderhoud met Chris Turney volg onderaan die berig. ʼn Skip wat sedert Oukersaand in die ys by Antarktika vasgeval het, sal moontlik Vrydag verligting ontvang wanneer ʼn ysbreker van China, genaamd Snow Dragon, by hulle aankom.

Die Russiese skip, MV Akademik Shokalskiy, wat op ʼn navorsingsekspedisie na Antarktika onderweg was, het Dinsdag vasgeval in die ys. Daar is nie ʼn gevaar dat die skip sal sink nie, en daar is voldoende voorraad op die skip vir sy 74 wetenskaplikes, toeriste en bemanning aan boord. Die skip kan egter nie beweeg nie.

Owerhede het Woensdag die skip se noodsein ontvang en drie ysbrekers gestuur om hulle by te staan. Die Snow Dragon is sowat 20 km weg, maar het nog steeds die moeilike taak om deur die ys te breek om by die skip uit te kom. Na verwagting sal die Snow Dragon Vrydagaand by die skip uitkom, maar weersomstandighede en die dikte van die ys kan die planne moontlik belemmer.

Chris Turney, leier van die ekspedisie, het gesê die moontlikheid bestaan dat die Snow Dragon hulle eers Saterdag sal bereik.

Die span het op 28 November uit Nieu-Seeland vertrek. Hulle beplan om hul vaart voort te sit sodra hulle uit die ys bevry is.

Ondanks die onderbreking het wetenskaplikes aan boord hul navorsing voortgesit en hulle tel voëls in die gebied en boor deur die ys rondom die boot om seelewe af te neem.

Lees ook:
Video: Toeriste vasgeys by Antarktika
http://youtu.be/EAsqAIfK4_8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.