Antieke beeldjie met Swastika op bors uit meteoriet gekerf

‘n Boeddhistiese beeldjie wat sowat ‘n duisend jaar oud is, en deur Nazi’s uit Tibet weggeneem is, blyk die oudste beeldjie bekend van ‘n mensfiguur  te wees wat uit ‘n meteoriet gekerf is.

Die beeldjie wat maar 24cm hoog is, weeg tien kilogram.

Die beeldjie is in 1938 / 39 deur ‘n span wat deur die Nazi’s se SS ondersteun is, en na Ariese wortels in Tibet gaan ondersoek instel het, na Duitsland teruggebring.  Die beeldjie was tot 2009 in ‘n privaat versameling voor dit opgeveil, en vir ondersoeke beskikbaar geword het.

Die beeldjie is by die Universiteit van Stuttgard aan geochemiese toetsing onderwerp, en daar is vasgestel dat dit uit ‘n skaars tipe ysterasteroïed met ‘n hoë nikkelinhoud gemaak is. Daar is vasgestel dat dit van ‘n brokstuk afkomstig is van die Chingameteoriet wat 15 000 jaar gelede tussen Mongolië en Siberië geval het.

Die vermoede is dat die Swastika op die beeldjie se bors die Nazi-geselskap se aandag getrek het, en dat die beeldjie daarom na Duitsland geneem is.

Die artikel is in Meteoritics and Planetary Science gepubliseer.

Die Swastika is ‘n antieke simbool wat in verskeie wêrelddele gebruik is, en betekenis in verskeie godsdienste het. Die woord is afgelei van die Sankrit-woord, svastika, wat “om die goeie te wees” beteken. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.