Antieke Chinese munt op eiland van Kenia gevind

Argeoloë het ‘n antieke Chinese muntstuk tydens ‘n ekspedisie na die eiland Manda aan Kenia se kus gevind.

Die muntstuk, met ‘n vierkantige gaatjie in die middel sodat dit in ‘n string om die middel gedra kon word, het die naam op van die Chinese keiser uit die Ming-dinastie, Yongle. Hy het van 1403 tot 1425 regeer.

Dit is tydens sy bewindstydperk dat hy admiraal Cheng He op ontdekkingsreise gestuur het. Die admiraal het onder meer Kenia aangedoen, maar daar is geleerdes wat meen hy het ook die suidpunt van Afrika en Australië aangedoen – dus omtrent ‘n halfeeu voor die Portugese seevaarders om die Kaap gevaar het.

Na die keiser se dood het sy opvolgers ‘n beleid van isolasie gevolg, en het die ontdekkingsreise doodgeloop.

Die volledige verslag kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.