Antieke krygsheer toe al die tyd krygsdame

OLYMPUS DIGITAL CAMERADie skelet in ‘n Etruskiese graf uit ongeveer 600 voor Christus het ‘n spies aan die sy gehad toe die graf verlede maand oopgemaak is, en dit het argeoloë laat glo hulle het op die antieke oorskot van ‘n krygsheer afgekom.

Die Etruskers was ‘n geheimsinnige volk wat in die noorde van Italië gewoon het voor hulle sowat 400 jaar voor Christus deur die Romeinse kultuur geassimileer is.

Die argeoloë het egter eier in die gesig oor hul oppervlakkige vertolking. Die skelet blyk dié van ‘n vrou te wees, terwyl die gedeeltelik verkoolde skelet in die graf dié van ‘n man was. Maar die spies het duidelik by die vrou se skelet gelê, nie die man nie.

Argeoloë wat hul kollegas oor die haastige gevolgtrekking oor die kneukels raps, meen dit gebeur te dikwels dat gevolgtrekkings gemaak word deur huidige, of ander kulture as bril in te span om afleidings te maak.

In die destydse meer bekende kulture, veral van die Grieke, het vroue ‘n baie onopvallender rol gespeel as die mans. Etruskiese vroue was klaarblyklik die vroeë voorlopers van volle emansipasie. Hulle het vrylik die elmboog gelig, naak rondgeloop, was meer sorgvry, met vele mens geflankeer, en kinders grootgemaak wat nie geweet het wie hul pa’s was nie – in elk geval volgens die Griekse historikus, Theopompus.

Die Etruskers het nie ‘n rykdom geskrifte nagelaat nie, en dit wat wel beskikbaar is, is nog nie behoorlik ontsyfer nie. Onlangse genetiese navorsing het getoon die Etruskers se voorouers het in ‘n stadium eilande aan die Turkse kus bewoon. Grafte, en die inhoud daarvan, is omtrent al bron waaruit meer van dié geheimsinnige volk te wete gekom kan word.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.