Antraks eis 30 bastergemsbokke in Krugerwildtuin

Antraks het die dood van minstens 30 bastergemsbokke oor die afgelope twee dae in die noorde van die Krugerwildtuin veroorsaak.

Volgens William Mabasa, ʼn woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Parkeraad (Sanpark), is die bokke se karkasse naby die Mopani-kamp ontdek. “Die bokke het vermoedelik as gevolg ʼn antraks-uitbreking, soos wat dit normaalweg van tyd tot tyd hierdie tyd van die jaar plaasvind, gevrek,” het hy gesê.

“Bastergemsbokke is van die seldsame spesies in die park. Daar is omtrent net 100 van die bokke in die park en om 30 van hulle te verloor kan ʼn geweldige impak op die totale bevolking hê. Wildbewaarders is in die omgewing en monitor die situasie.”

Antraks, ’n spoorvormende bakterie (Bacillus anthracis), is dodelik vir diere en mense. Mense word versoek om nie aan enige karkasse te raak nie. “As enigiemand ʼn dooie dier sien moet hulle dit by die naaste kamp aanmeld,” het Mabasa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.