Aparte eksamen vir Afrikaanse matrieks

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) ondersoek die moontlikheid van ’n internasionaal erkende, afsonderlike Afrikaanse matriekeindeksamen, het Beeld Dinsdag berig.

Dr. Jopie Breed, die president van die SAOU, het Maandag tydens die 17de hoofdesimposium gesê die vakbond oorweeg stappe om Afrikaanse onderrig en die taal te beskerm. Breed het gesê vakbondverteenwoordigers beplan om ander Afrikanerlande te besoek om die moontlikheid van ’n internasionaal erkende matriekeksamen te ondersoek.

Beeld berig die idee is om pro-aktief te wees en in samewerking met die Suid-Afrikaanse Instituut vir Omvattende Assessering (Sacai)’n eksamen aan te bied vir Afrikaanse leerlinge wat nie in die toekoms toegang daartoe sal hê nie.

“Ons poog nie om ʼn opposisie vir die departement van onderwys te wees nie. Dit is bloot om ’n Afrikaanse eksamen beskikbaar te stel waar dit in sekere provinsies in die toekoms dalk minder moontlik sal wees.”

Sacai is besig om as onafhanklike eksamenliggaam akkreditasie by Umalusi te kry, asook die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JAVR ·

My enigste bekommernis is dat die leerling wat wel in Afrikaans skryf dan homself pootjie omdat hulle wil eerstens niks van ons wittes af weet nie (werksgewys) en dan nog met ‘n AFRIKAANSE matriek het jy eerder kans om swanger te raak as om werk te kry.

Ver Van Ryn ·

Ek het in 2008 in AFRIKAANS matriek geskryf, my matriek sertifikaat is in AFRIKAANS, met groot teenstand van my ou skool wat dieselfde as u redeneer het, en eks oppad om die wêreld te betree as ‘n ingenieur. JA my handboeke was engels, maar al my vraestelle was AFRIKAANS en eks op geen manier benadeel a.g.v. my taal keuse nie. Die ouer geslag moet ophou kommer oor die lewensvatbaarheid van Afrikaans, die jeug doen nie. Ons is trots op die taal en is nie bang om dit te sê nie!

Sara Clegg ·

Daar is baie leerlinge wat die Nasionale Matriekeksamen in Afrikaans aflê en ook hulle sertifikate in Afrikaans/Engels ontvang. Hierdie leerlinge kan by enige universiteit studeer of vir werk aansoek doen.

Griet ·

En dan maak my kind met sy AFRIKAANSE matriek WAT? Alle universiteits-kursusse wat tot ‘n REDELIKE mate werks-sekerheid (Vermoë om met daardie graad/grade werk te kry) waarborg, word in Engels aangebied. Verstaan my mooi, my huistaal is Afrikaans, ek bid en droom in Afrikaans. Maar ek is nie die een wat oor 7 – 8 jaar ‘n universiteits kursus moet volg om ‘n loopbaan te bou nie……

Ver Van Ryn ·

Nie alle universiteite in die land is so nie, Potch is nog Afrikaans. AL hul kursusse is in Afrikaans, nie net die met “werk-sekerheid” nie.

J.A. ·

Stap in die regte rigting….aangesien die standaarde toenemend verlaag word om die ander te bevoordeel met die kwota-innames in Universiteite. Nou sal ons jongmense darem in die buiteland kan studeer waar hulle op meriete gekeur sal word…

Stoere Boer ·

Sommige Privaat skole het hulle eie matriekeksamen gehad, goedgekeur deur Umalusi en die kinders het puik op universiteit presteer oor die goeie gehalte onderwys. Die regering het egter vinnig ‘n stokkie daarvoor gesteek om te vehoed dat hulle hul eie eksamens opstel en merk. Die regering sal alles doen om dit teen te werk.

Ver Van Ryn ·

Uitstekende idee! ‘n Goeie stap om die toekoms van ons taal te verhelder!

Huisvrou ·

Ek het my matriek in 1988 in Afrikaans geskryf. Op Universiteit was ‘n groot gros handboeke in Engels, al was die doseertaal Afrikaans – dit beïnvloed geensins jou vermoë om graad te vang nie, maar dit verbeter jou kanse op ‘n goeie matriekslaagsyfer wat weer die kanse op universiteitskeuring verbeter.

Sou dit nie werklik demokraties kon wees as alle kinders in ons land hul NSS in hul huistaal kon skryf nie?

Amy ·

Maak eerder die ou model-c skole, waarvoor ouers deur hul nek betaal, weer ‘projek-skole’, dan kan die skole hulle ‘eie matriekeksamen’ skryf. Dit het tog al gewerk?

As die ouers do duur betaal vir hul kinders se opvoeding, kan hul mos self besluit watter eksamen hul kinders mag skryf.

Mike ·

Ag shame ek is baie bly hulle wil tog net polities korrek wees.
“Ons poog nie om ʼn opposisie vir die departement van onderwys te wees nie. Dit is bloot om ’n Afrikaanse eksamen beskikbaar te stel waar dit in sekere provinsies in die toekoms dalk minder moontlik sal wees.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.