Aparte matriekafskeid glo vir swart en wit leerders

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie (DA) en die departement van onderwys in Mpumalanga het Vrydag ‘n beweerde voorval van rasse-segregasie by Hendrina Gekombineerde Skool, naby Middelburg, veroordeel.

Anthony Benadie, provinsiale woordvoerder van die DA, het gesê hy is Donderdag ingelig dat swart en wit leerlinge aparte matriekafskeide beplan. “Ons het inligting ontvang van ontstoke ouers wat tydens ‘n vergadering vir die Engelse matriekklas in kennis gestel is dat die skool se wit ouers en leerlinge besluit het om hul eie matriekafskeid te hou, en dat die swart leerders hul eie matriekafskeid moet hou,” het Benadie in ‘n verklaring gesê.

Die departement het gesê hulle is nie bewus van die voorval nie, maar sal ondersoek instel. “Die departement veroordeel enige vorm van diskriminasie teen ras, geslag of kleur wat in enige van sy skole mag plaasvind en sal die saak ondersoek,” het Jasper Zwane, woordvoerder van die departement in die provinsie, gesê.

Arthur Williams, hoof van die skool, het gesê hy kan nie kommentaar lewer oor die saak nie, “Ek is aangesê om nie met die media te praat nie,” het hy gesê.

Volgens die DA voer die wit ouers “kulturele verskille” aan as die rede vir die afsonderlike geleenthede. Benadie sê hy het op twee geleenthede telefonies die saak met Williams bepreek. “Tydens die eerste oproep het hy gesê die skool is nie in staat om vir die matriekafskeid te betaal nie, en dat die fondse ingesamel is deur ‘n komitee, wat saamgestel is uit leerlinge se ouers.” Tydens ‘n tweede oproep het Williams glo gesê die skool hou ‘n gekombineerde matriekafskeid en alle leerders is welkom om die geleentheid by te woon.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Berita Drescher ·

Ja kultuur het sekerlik iets daaraan verbonde….die een wil dit he en n ander dat ….dan moet jy maar twee afsonderlike matriekafkeidsfunksies hou om albei kante tevrede te stel….wat is nou so vreeslik daaroor? Kultuur sal ALTYD n rol speel ….. geen manier om dit uit te wis nie.

Leslie ·

Ek haal my hoed af vir die ouers en kinders, hoekom moet kan die wit kinders nie hulle eie matriekafskeid hou nie, moet ons now saam dood gaan, saam trou?
Die politiek reel ons lewens ons het geen mens reg nie en vir die wat aan God glo en in die Byble sal verstaan want daar staan dat jou lewe sal gereel word en dat jy geleidelik beinfloed gaan word en wat verkeerd is gaan reg wees en wat reg is gaan verkeerd wees, ons is geleidelik slawe van mense wat ons lewens reel ouers het geen gesag nie
As die wit kinders Sondag skool toe gaan moet die ander dit ook doen
ons raak n siek gemeenskap as ons nie now opstaan gaan ons val

Sarie van Niekerk ·

‘n Gouemedalje vir die ouers en leerlinge! My maggies niemand kan ons mos dwing om deurmekaar te kuier nie! Ons het darem nog almal ons demokratiese reg om te besluit saam met wie wil jy kuier, wil jy gaan uiteet, wil jy partytjie hou en alles. Ek is baie trots op hierdie ouers en leerlinge

NARDUS SNYMAN ·

Dink regtigwaar dit is elke landsburger se reg om te besluit by wie en waar hy/sy wil kuier . Daars verskeie kulture in ons land , en dit kan nie in n mengelmoes uitgeoefen word nie . Ons land en sy mense het al reeds waardes en standaarde te verloor . Gooi n hand vol kos uit en n klop verskillende voels kom om te eet want dit is hul werk om te oorleef , maar vanaand slaap elkeen op sy eie plek . jy sal nie n mossie en n duif langs mekaar kry nie , ons moet ook werk om te oorleef , DIS AL!! . As die liewe Vader ons bont wou he sou Hy ons so geskape het ! Waarvoor wil hulle ons opmekaar afdwing ?

SS ·

Ons gee nie om dat ons kinders deurmekaar skoolgaan, saam rugby of netbal speel of saam in die koshuis bly nie, maar moet net nie dat hulle saam matriekafskeid hou nie! Netnou vra een van die “ander” my kind om te dans en dit kan mos nie. Ag nee, dubbele standaarde. As jy verkies om apart te wees en met jou eie mense te assosieer, moes jou kind in die eerste plek nie in ‘n staats/gemengde skool gewees het nie!

Leslie ·

As hulle in die Kerk aan geneem word, Nag maal gebruik doen hulle dit waar seker die meeste blankes is
Die mense se regte word hulle ontneem, en ek glo ook dat die meeste regdenkende mense ook so sou op tree.
Hulle gaan saam skool, speel saam rugby moes jou kind nie in ‘n staat skool wees nie?, hallow hulle kan wees waar hulle wil en oefen net hulle regte uit of moet ons seuns ook now veld toe gaan om deel te wees in inisiasie? en moontlik dood gaan?

christo ·

Baie baie mense skreeu teen apartheid (skuus dis afsonderlike ontwikkeling), maar die toets is of hy/sy hul dogter sal toelaat om met swarte te trou. Julle sê dis reg en sit in die NG Kerk wat sê apartheid is sonde!! Dit maak my siek. Wys hoe het Naspers, Johan Heyns ens. ens. ons gebreinspoel. Apartheid beteken nie ek is beter as jy nie, maar dat ons verskil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.