Appèlhof sê oor Fred se saak

Fred van der Vyver. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die hoogste hof van appèl in Bloemfontein gaan moontlik vandag besluit of Fred van der Vyver wel kwaadwillig deur die polisie vervolg is weens die moord op sy destydse meisie, Inge Lotz.

Van der Vyver dagvaar die minister van polisie vir R46 miljoen se skadevergoeding nadat hy in 2005 vir die moord op Lotz in hegtenis geneem is. Hy is in 2007 deur regter Deon van Zyl van die moord vrygespreek. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het in Augustus 2011 beslis dat Van der Vyver wel kwaadwillig deur die polisie vervolg is. Die polisie het teen die uitspraak geappelleer.

Lotz is in Maart 2005 in haar woonstel in Stellenbosch vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.