Aprilgek: Het ons jou gevang?

Maroela Media het vir April gekkedag besluit om ‘n paar heilige koeie van die Afrikaner te “slag” en jou huistaal en die Voortrekkermonument is dus nog heeltemal veilig!

Ons wou graag Afrikaans in een van dié artikels gebruik, omdat ons moedertaal en die voortbestaan van die mooiste taal juis vir ons, as Maroela Media, so belangrik is. Ons het geweet ons gaan verseker op ‘n paar tone trap as ons iets hieroor te sê gaan hê. Klik hier om dié artikel oor jou huistaal te lees.

Die Voortrekkemonument was die ideale volgende berig, juis omdat ons tans besig is met ons Groot Trek-veldtog en die bewaring van die geskiedenis en die ware gebeure en verloop van die Groot Trek vir ons van so groot belang is. Om voor te stel dat daar aan die voorkoms van dié Afrikanermonument verander gaan word, het ons geweet gaan ‘n paar mense warm onder die kraag hê! Klik hier om te lees wat ons vir die Voortrekkermonument uitgedink het.

Die derde artikel, oor Virgin Atlantic se glasbodemvliegtuie het ons raakgelees en dit was vir ons so oulik, ons kon dit nie laat verbygaan nie! Klik hier om meer oor dié vreesaanjaende vliegtuie te lees.

Ons het gehoop dat die klem wat ons gelê het dat die uitsprake telkens op 1 April gedoen is, genoeg leidraad sal wees dat dié artikels tong in die kies gelees moet word.

Ons hoop julle het dit net soos ons geniet!

Beste groete
Maroela

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.