Apteker glo oor rassisme afgedank

Argieffoto

Stuart Muller, ‘n apteker van Limpopo, is afgedank nadat hy verlede week ‘n kollega by die Clinix-privaathospitaal beledig het.

Die Sowatan berig Muller het verlede Dinsdag ‘n rassistiese aanmerking teenoor sy kollega, Emmanuel Mokati, by die hospitaal gemaak. Muller is kort daarna skuldig bevind en afgedank.
Muller het hom glo met ‘n neerhalende woord toegesnou. Hy het ook op ‘n stukkie papier geskryf en na Mokati as ‘n “boy” verwys.
Marinda Bouwer, die hospitaal se bestuurder, sê hulle het die klagte ontvang, dit intern ondersoek en bevestig dit is waar. Bouwer het gesê die hospitaal duld nie rassisme nie. Muller wou nie kommentaar oor die voorval lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kobus ·

Daar sien nog ‘n WITmens sy gat omdat hy eerlik is. Die ‘kollega’ is 10 teen 1 ‘n idioot wat sy graad vir R30.95 by Malema gekoop het…

Marlene45 ·

Omdat hulle hul onvermoë agter rasisme verberg, kom hulle met “moord” weg. Maar soos die grappie gaan, môre is ek nog slimmer as jy en jy bly dom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.