Argus-titels aan Burry opgedra

Die foto is deur @gwphoto1 op Twitter gelaai.

Die wenner in die vroue-afdeling van die Cape Argus Pick n Pay-fietstoer het haar titel aan Burry Stander, die Olimpiese bergfietsryer wat in Januarie dood is nadat hy deur ʼn taxi raakgery is, opgedra.

Anriëtte Schoeman (35) het geskiedenis gemaak deur die eerste vroue deelnemer te word om die Argus vir ʼn rekord sewe keer te wen. Schoeman het Sondag se oorwinning aan Stander opgedra. Stander se weduwee, Cherise, het haar tweede plek ook aan haar man opgedra. “Ek weet Cherise het ook die oorwinning nodig gehad en die een is vir Burry,” het Schoeman gesê. Jennie Stenerhag van Swede het in die derde plek geëindig.

Herman Fouche het die afdeling vir mans gewen. Hy was tweede in verlede jaar se kompetisie en derde in 2011. “Dit was so naby en ek wou so graag die resies gewen het. Verlede jaar was ek tweede en die beteken alles vir my.” Tyler Day het in die tweede plek geëindig met Christoff van Heerden wat derde was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.