Anriëtte Schoeman (35) het geskiedenis gemaak deur die eerste vroue deelnemer te word om die Argus vir ʼn rekord sewe keer te wen. Schoeman het Sondag se oorwinning aan Stander opgedra. Stander se weduwee, Cherise, het haar tweede plek ook aan haar man opgedra. “Ek weet Cherise het ook die oorwinning nodig gehad en die een is vir Burry,” het Schoeman gesê. Jennie Stenerhag van Swede het in die derde plek geëindig.
Herman Fouche het die afdeling vir mans gewen. Hy was tweede in verlede jaar se kompetisie en derde in 2011. “Dit was so naby en ek wou so graag die resies gewen het. Verlede jaar was ek tweede en die beteken alles vir my.” Tyler Day het in die tweede plek geëindig met Christoff van Heerden wat derde was.