Arm in vrieskas: Man van rituele moord aangekla

Argieffoto

Die man wat Vrydag ʼn mens-arm in ʼn winkel in Limpopo rondgeswaai het, word van ‘n rituele moord op sy vriendin aangekla en moet weer volgende week in die hof verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder van Limpopo, het gesê ʼn 38-jarige veiligheidswag van Makhado is Saterdag in hegtenis geneem en het Maandag vir die eerste keer in die Makhado-landdroshof verskyn. Hy het saam met die winkeleienaars, ʼn Indiese egpaar, in die hof verskyn. Die egpaar is Woensdag vrygelaat en die polisie sê hulle was verkeerdelik in hegtenis geneem.

“Hy het die polisie mislei toe hy beweer het die eienaars skuld hom R70 000 en ‘n voertuig vir sy rol in die moord,” het Mulaudzi gesê.

Maroela Media het Maandag berig klante van ʼn winkel in Makhado was Vrydag erg geskok toe die man by die winkel ingestorm het, en ‘n mens se arm uit ‘n vrieskas pluk en dit rondgeswaai het. Lees meer hier.

“Die verdagte het met die arm in die egpaar se winkel ingestorm in ʼn poging om hulle by die moord te betrek. Hy het die ledemaat in die vrieskas gelos, wat tot hul inhegtenisname gelei het,” het Mulaudzi gesê.

Die verdagte gaan na verwagting op 15 April vir borg aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.