Arm vroutjie soek gapermossels, ontdek antieke skat

Die dorpie Gampong Pande, in die heel noordelike gedeelte van Indonesië. Bron: Google Maps

Die dorpie Gampong Pande, in die heel noordelike gedeelte van Indonesië.
Bron: Google Maps

’n Arm vroutjie van Indonesië het ’n onverwagse meevallertjie in die vorm van ’n kis vol goue munstukke ontdek terwyl sy gapermossels in ’n moeras versamel het.

Die Huffington Post en die aanlyn-weergawe van die Daily Mail, die Mail Online berig dat die moeras waar die skat gevind is, aan die heel noordelike punt van Indonesië net buite die dorpie, Gampong Pande, geleë is.

Die vroutjie was besig om haar daaglikse kwota gapermossels in die moeras te versamel toe sy oor die kis gestruikel het. Dit is naby ’n antieke begraafplaas waar adellikes honderde jare gelede saam met hul skatte begrawe is. Die houtkis met die muntstukke, wat bedek was met alge, mos en mosselskulpies is na raming eeue oud en het waarskynlik tydens die Tsunami wat die gebied in 2004 getref het, losgespoel.

Die ontdekking het vir ’n stormloop van mense wat ook moerasskatte wil bekom gesorg, maar die presiese gebied waar die vroutjie se skatkis gevind is, is gesluit vir die publiek hangende ’n besluit deur die plaaslike regering oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leon ·

More almal, as dit hier in die Kaap moes gebeur was hier n massa moord want hulle sou mekaar doodgetrap het om daar te kom. Almal weet hulle soek net alles verniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.