Armstrong: ‘Dit was alles een groot leuen’

Armstrong en Winfrey tydens die onderhoud. Foto: Twitter

Die fietsryer Lance Armstrong het tydens ʼn onderhoud met die kletskoningin Oprah Winfrey erken dat hy dwelms gebruik het.

“Ek het my besluite gemaak. Hulle is my fout,” het Armstrong aan Winfrey gesê, in sy eerste onderhoud nadat hy lewenslank uit die sport verban is en van sy titels gestroop is. “En ek sit hier vandag om dit te erken en om te sê ek is jammer. Ek beskou die situasie as een groot leuen wat ek verskei kere herhaal het.” Armstrong het erken dat hy EPO en testosteroon gebruik het en dat hy bloedoortappings gedoen het. “Ek is net hierdie mitiese, perfekte storie. En dit was nie waar nie.” Armstrong sê hy het geglo dat dit nie moontlik was om fietsryresies te wen sonder om opkikkers te gebruik nie. Armstrong sê in daai tyd het hy dit nie as ʼn verneukery beskou nie en het hy nie gedink hy doen iets verkeerd nie. “Skrikwekkend,” het Armstrong gesê.

Die eerste deel van Winfrey se onderhoud met Armstrong word Vrydagaand om 19:30 op TLC (kanaal 172) op DSTV uitgesaai. Die tweede deel word Saterdagaand op dieselfde kanaal en om dieselfde tyd uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

OompieKedoompie ·

Ek glo steeds hy is “skoon” en onskuldig. Hy word afgepers om hierdie vals bekentenisse te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.