Armstrong mag nie swem

Lance Armstrong

Die gevalle fietsryer-held, Lance Armstrong, se geskiedenis met verbode middels het veroorsaak dat hy dié naweek nie aan ‘n swemtoernooi mag deelneem nie.

Armstrong (41) is Donderdag gedwing om uit die naweek se Masters South Central Zone-swemkampioenskap te onttrek nadat FINA, swem se internasionale federasie, kapsie teen sy deelname gemaak het.

Die US Anti-Doping Agency (USADA) het Armstrong verlede jaar vir lewenslank van toernooie verban vir sy gebruik van prestasieverbeteringsopkikkers tydens ‘n fietsry-loopbaan, wat sewe Tour de France-titels insluit.

Rob Butcher, uitvoerende direkteur van die US Masters-swemtoernooi, het Woensdag gesê die organisasie is nie verbonde aan USADA se dwelmtoetse-reëls nie en moedig hulle alle volwassenes aan om te swem. Hy het daarvolgens Armstrong toegelaat om in die ouderdomsgroep 40-44 deel te neem.

FINA het daarna ʼn brief aan die US Masters-amptenare gestuur en gesê dat Armstrong se deelname verbied moet word, aangesien die US Masters onder FINA se sambreel gesanksioneer is, en hulle die World Anti-Doping-kode moet respekteer.

Mark Higgins, Armstrong se woordvoerder, het bevestig dat hy nie meer die naweek gaan swem nie.

Lees ook:
Lance Armstrong keer terug as swemmer
Armstrong-boeke nou in bib se fiksie-afdeling
Video: Lance speel oop kaarte
Armstrong: ‘Dit was alles een groot leuen’
Fietsrykampioen uit sport verban
Lance Armstrong moet al sy wengeld terugbetaal
Lance Armstrong amptelik van titels ontneem
Finansiële ondersteuning stroom in vir Lance Armstrong se organisasie
‘Lance Armstrong sy 7 titels kwyt, verban’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.