Arno Carstens: Onreëlmatighede in bloedtoetse

Arno Carstens Foto: Joanne Olivier Photography

Analiste van ‘n forensiese laboratorium wat bloedtoetse in dronkbestuursake hanteer “doen hulle eie ding” en “ignoreer opdragte wat in die bloedtoetshandleiding vervat is”, het die Kaapstadse landdroshof Donderdag gehoor.

Pakama Pati, ‘n analis, het Donderdag in die dronkbestuursaak van musikant Arno Carstens getuig. Carstens het voor landdros Nadia Bonwari onskuldig gepleit op aanklag van dronkbestuur en bestuur onder die invloed van alkohol met ‘n bloedalkoholvlak van 0.20 persent as alternatiewe klagte.

Die wettige perk is 0.05%.

Pati was Donderdag onder kruisverhoor van Milton de la Harpe, verdediging vir Carstens, wat op die vlak van sorg wat in die laboratorium plaasvind en die geloofwaardigheid van Carstens se bloedalkoholtelling uitgevra.

Carstens, die voormalige hoofsanger van Springbok Nude Girls, is in Desember 2010 in die middestad van Kaapstad in hegtenis geneem toe ‘n verkeersbeampte glo sy swart Mercedes Benz oor die pad sien swenk het.

‘n Oplossing wat spesiaal deur die Nasionale Metreologiese Instituut van Suid-Afrika voorberei word, moet in die laboratorium gebruik word en personeel betrokke in die proses, insluitend Pati, moet noukeurig die instruksies in ‘n spesiale handleiding volg. De la Harpe het aan Pati in sy slotargument gesê hy gaan aandring daarop dat Carstens vrygespreek moet word, aangesien die analise wat deur haar uitgevoer is, onbetroubaar is. “Sommige van die bloed van ‘n vorige toets het my kliënt se bloed besoedel,” het De la Harpe gesê.

De la Harpe het verduidelik dat ‘n verseëlde houer, wat as ‘n standaard bekendstaan, bevat die oplossing wat deur die instituut vervaardig word. Die inhoud van die verseëlde houer hou slegs vir ‘n paar maande, maar sodra die seël gebreek is, en die houer oopgemaak is, hou die oplossing slegs vir agt weke. Dit het aan die lig gekom dat oop standaarde selfs ná agt weke steeds vir bloedtoetse gebruik word.

Pati het erken dat sy en ander kollegas in die laboratorium soms nie aan die instruksies in die handleiding voldoen nie, en doen eerder “hul eie toetse”.

De la Harpe se versoek om die saak tot 8 Mei uit te stel is toegestaan. Dr. Neels Viljoen, afgetrede hoof van die forensiese laboratorium in Pretoria, sal die hofverrigtinge bywoon. De la Harpe het verduidelik dat Pati se kruisverhoor sal “uiters tegnies” van aard wees en hy verkies Viljoen se teenwoordigheid. Hy sê sy kruisverhoor het tans slegs twee van die agt tegniese aspekte rakende praktyk in die laboratorium gedek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.