Arno Carstens: Saak duur voort

Arno Carstens Foto: Joanne Olivier Photography

Arno Carstens Foto: Joanne Olivier Photography

Die musikant Arno Carstens se dronkbestuur-hofsaak is Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof uitgestel.

Carstens se prokureur, Milton de la Harpe, het uitstel tot Woensdag versoek om sy kruisverhoor van die staatsgetuie Tim Lourens af te handel. Lourens is die hoof van die departement van forensiese toksikologie aan die Universiteit van Pretoria. Hy het in Oktober 2013 begin getuig.

Carstens is drie jaar gelede in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het. Hy het onskuldig gepleit op ʼn aanklag van dronkbestuur, alternatiewelik ʼn aanklag van bestuur met ʼn bloedalkoholvlak van 0.20 %. Die beperking is 0.05 %.

De la Harpe het Dinsdag die metode, wat die laboratorium gebruik om die bloedmonster te toets, bevraagteken. Hy het dit aan Lourens gestel dat bloedmonsters nie geloofwaardig kan wees nie, weens mikro-organismes soos bakterie, virusse en fungi. Glukose-vlakke kan ook tot ʼn foutiewe lesing lei, aangesien glukose-vlakke gewoonlik deur skok of stres verhoog word.

Carstens se span sal na verwagting sy eie kenner op die gebied, Neels Viljoen, afgetrede hoof van die forensiese laboratorium in Pretoria, laat getuig. -SAPA

Lees ook:
Arno Carstens se saak wéér uitgestel
Arno Carstens se bloedtoetse was glo “akkuraat”
Arno Carstens se bloedmonster bevraagteken
Arno Carstens: Onreëlmatighede in bloedtoetse
Sanger weer in hof oor dronkbestuur
Sanger se hofsaak uitgestel
Arno Carstens in hof oor “dronkbestuur”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.