Arno Carstens se bloedtoetse was glo “akkuraat”

Arno Carstens Foto: Joanne Olivier Photography

Arno Carstens Foto: Joanne Olivier Photography

Die toetse wat gebruik is om die musikant Arno Carstens se bloedalkoholvlak te toets, was glo akkuraat en gestandardiseerd, het die Kaapstadse landdroshof Woensdag gehoor.

Andy Hess, vir die staat, het die staat se forensiese analis, Pakama Pati, ondervra oor die laboratorium en die gaschromatografie wat gebruik is om elke element in ”n middel uit te ken. “Die sisteem word só opgestel dat mens die kalibrasie kan sien voordat jy die eerste monster inspuit,” het Pati getuig. Sy sê 10% van alle uitslae word met die hand getoets vir akkuraatheid. “Ons skryf nie elke berekening neer nie. Op die dokumente behoort daar ‘n bladsy te wees wat die berekenings aandui wat ons doen.”

Carstens is bykans drie jaar gelede in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het. Hy het onskuldig gepleit op ‘n aanklag van dronkbestuur met ‘n bloedalkoholvlak van meer as 0.20%. Die beperking is tans 0.05%.

Die verdediging het vroeër bevraagteken waarom die alkoholvlak in milligram en nie in milliliter gedoen is, soos wat die standaard vir die Nasionale Metrologie Instituut vir Suid-Afrika is nie. “Ons gebruik die hoeveelheid wat op die eerste bladsy van die sertifikaat gereflekteer word. Dit maak nie ‘n noemenswaardige verskil nie,” het Pati gesê.

Volgens Pati sou Carstens se bloedalkoholvlak steeds 0.20% wees, al was dit in milliliter gemeet.

Pati is van die getuiebank verskoon.

‘n Dokter van die Universiteit van Pretoria sal na verwagting ná haar getuig.

Lees ook:
Arno Carstens se bloedmonster bevraagteken
Arno Carstens: Onreëlmatighede in bloedtoetse
Sanger weer in hof oor dronkbestuur
Sanger se hofsaak uitgestel
Arno Carstens in hof oor “dronkbestuur”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Ek kan nie klippe gooi nie. n Wet is wet. Maar n mens is nie noodwendig “dronk” as jy daardie perk oorskry nie.

wragtig ·

As ons die wet oortree is dit vooorblad nuus maar as die anc oortree is dit n klein beriggie op bladsy 10 tussen die advertensies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.